Verhoor in verband met die moord op Louis Siemens is tot Maandag uitgestel

Die verhoor in die Bloemfonteinse Hooggeregshof van agt mans, in verband met die moord op Louis Siemens, is tot Maandag uitgestel.

Siemens, die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal, is in die kelder-verdieping van die Prellerplein Sentrum doodgeskiet.

Netwerk24 berig dat regter Pitso Molitsoane, die verhoor Donderdag uitgestel het, omdat adv. Jerry Koma, een van die
regsverteenwoordigers in die verhoor, siek is.

Met die hervat Maandag sal ‘n nuwe staatsgetuie sy getuienis begin nadat die getuienis van die provinsiale hoof van die
ondersoekeenheid teen georganiseerde misdaad in die Vrystaat, brig. Tsokolo Posholi, Woensdag afgehandel is.

Luister na potgooie hieronder