Diegene wat blyplek aan geakkrediteerde studente uitverhuur, kan nie uitbetalings van die studentehulpfonds te wagte wees, indien hulle nie by NSFAS registreer nie. Ishmael Mnisi, hulpfonds-woordvoerde, sê versuim om te registreer veroorsaak dat sekere verhuurders selfs dreig om studente uit te skop, omdat hulle geen geld vanaf die fonds ontvang nie.
Sodra ‘n verskaffer geregistreer is, stuur die hulpfonds ‘n inspekteur na die perseel, om te verifieer dat studente wel daar woon. Geakkrediteerde studente moet ook die fonds verwittig van die naam van hulle plek van verblyf. NSFAS-uitbetalings kan eers verwerk word, nadat hierdie proses suksesvol afgehandel is.