Die N3-tolkonsessie sê dat die verkeersvolumes na Durban na verwagting van vandag af sal toeneem.
Volgens SABC News sal alle tolplaza-bane tydens spitsverkeerperiodes oop wees. Owerhede het padgebruikers gewaarsku dat opeenhopings en vertragings waarskynlik is.
Die bedryfshoof van N3TC, Thania Dhoogra sê dat die grootste deel van die verkeer na verwagting in ‘n suidwaartse rigting na Durban sal reis, maar dit is ook waarskynlik dat die verkeer in die noordwaartse snelweg na Johannesburg sal toeneem.
Volgens ‘n ontledings kan 75% van ligte motorvoertuigongelukke en 81% van vragmotorongelukke wat tussen Januarie en Oktober vanjaar op die N3 aangeteken is, aan menslike faktore toegeskryf word. Die faktore sluit bestuurder-nalatigheid, roekelose gedrag en swak besluitneming in.