Die boeregemeenskap van Verkeerdevlei is woedend nadat drie boere, onder wie twee susters, van die gemeenskap Maandag vroegoggend deur 30 polisielede en lede van die Valke in hegtenis geneem is. Die twee susters wat saam boer, het onlangs 150 skape in veediefstalle verloor en hul buurman 300 skape. Die drie boere het glo die vermeende diewe in hegtenis geneem terwyl hulle op die polisie gewag het. Kaptein Stephen Thakeng, ‘n polisiewoordvoerder, het aan Netwerk 24 gesê ‘n 49-jarige man en sy twee seuns het op die pad van Verkeerdevlei na Excelsior gery toe hulle deur twee wit vroue van die pad gedwing is. Skote is afgevuur terwyl die ouer man gevlug en later polisiekantoor toe is. Die drie boere sal vandag in die hof op Verkeerdevlei verskyn. Die polisie ondersoek klagtes van poging tot moord, ontvoering, aanranding en regsverydeling.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×