Hoewel hy nie tans verkiesbaar is om ‘n lid van die parlement te word nie, is dit die einste Jacob Zuma se naam wat boaan uMkhonto weSizwe se nasionale kandidatelys
gedruk staan.

Netwerk24 berig Des van Rooyen, voormalige minister van finansies se naam is ook op die lys. Van Rooyen was in Desember 2015, vir slegs vier dae die minister van finansies. Zuma het hom later met Pravin Gordhan vervang.

Die oudpresident se dogter, Duduzile, bekleë die 18de posisie op die kandidatelys. Die MK-party se kandidatelys is Vrydag saam met dié van die ANC uitgelek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×