Die Verkiesingshof het twee senior MK-partylede met R150 000 beboet vir opruiende opmerkings.
Die lede sluit die onlangs ingesweerde parlementslid, Visvin Reddy, en die voormalige leier van die MK-jeugliga, Bonginkosi Khanyile, in.
Die boetes word vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hulle nie die land se verkiesingsproses ondermyn nie.