‘n Onherkenbaar-verkoolde liggaam, is Sondag in ‘n uitgebrande voertuig, by die Rooidam in Lourierpark in Bloemfontein aangetref.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel, Thabo Covane, sê aan Netwerk24 die aanvanklike ondersoek dui daarop dat die gru-fonds moontlik aan ‘n motorkaping gekoppel kan wees.
Dit is nie in hierdie stadium bekend of die verkoolde liggaam die van ‘n man of ‘n vrou is nie. Die polisieondersoek duur voort.