Suid-Afrikaners het teen hoë inflasie, ‘n uitgerekte ekonomiese afswaai en hoë rentekoerse geveg, maar verligting kan binnekort op pad wees. Dit is volgens Jeremy Gardiner van Ninety One. Gardiner sê dat verskeie verbeterings in die wêreldekonomie plaasgevind het. Hy sê die globale sentiment het verbeter nadat die Amerikaanse Federale Reserweraad besluit het om op te hou om rentekoerse te verhoog.