Die 38-jarige Stephan Pretorius wat op 27 Mei vanjaar sy vrou, Charlene Pretorius met petrol gegooi en aan die brand gesteek het, is gister borgtog in die Pretoria-Noord landdroshof geweier. Die vermoorde Pretorius se seun, Jason Venter, het aan Netwerk 24 gesê die familie is verlig dat Pretorius nie vrygelaat nie. Hy het ook na sy vrou se dood glo haar familie met die dood gedreig. Venter en sy gesin, asook sy suster, Shanie Koen en haar gesin asook die Pretorius-egpaar se veertien-jarige dogter het uit vrees vir Pretorius uit Pretoria gevlug. Die 14-jarige was ‘n ooggetuie van die beweerde misdaad. Landdros Tshepo Mokome het in sy uitspraak gesê dit sal nie in belang van geregtigheid wees as Pretorius op borgtog vrygelaat word nie.