Verdagtes wat na bewering diesel van ‘n kragopwekker agter op ‘n vragmotor gesteel het, is vroeër die week deur die lede van die Bloemfonteinse blitspatrollie in hegtenis geneem.

Die lede was besig met roetine-patrollies by die South Park vullisterrein langs die N1, toe hulle ‘n vragmotor en ‘n bakkie wat langs die pad staan opgemerk het. Twee van die vragmotormaatskappy se werknemers en ‘n verdagte wat glo die diesel gekoop het, is in hegtenis geneem vir die vermoedelike besit van gesteelde eiendom.

Volgens polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sal die drie binnekort in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×