Daar is op ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms beslag gelê en verskeie verdagtes is tydens die “Drugs Off the Streets”-operasie in Thaba Nchu en Botshabelo naby Bloemfotein aangekeer.

Polisiewoordvoer, Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring –  5 verdagtes tussen die ouderdom van 32 en 41 is vir beweerde dwelmhandel in Thaba Nchu se sentrale Sakedistrik in hegtenis geneem. Intussen het polisiebeamptes ‘n 19-jarige man in Botshabelo betrap terwyl hy besig was om met dwelms handel te dryf.

Daar is ook ‘n kamer in dié verdagte se huis gevind wat glo vir dwelmvoorbereiding en as ‘n stoor gebruik is. Die verdagte het na bewering polisiebeamptes probeer omkoop wat tot ‘n bykomede klagte teen hom gelei het.

Hy staan nou op klagtes van dwelmhandel én omkopery tereg. Die verdagtes sal binnekort in die Botshabelo- en Thaba Nchu-landdroshowe verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×