‘n Klag van mensehandel word deur die Valke ondersoek nadat ‘n 19-jarige meisie van Bloemfontein Maandagaand uit die motor van twee vermeende dwelmhandelaars gered is. Die Volksblad berig die verdagte voertuig is deur die Valke, in samwerking met die FWA, AfriForum en veiligheidsdienste in Gardeniapark in Bloemfontein gevind. Die meisie, wie daarin kon slaag om met haar ma kontak te maak en haar ligging met haar te deel, is glo op sosialemedia gewerf met beloftes van ‘n werk in Vanderbijlpark. Sy is glo dwelms ingegee en as ‘n sekswerker gebruik. ‘n Nigeriër en sy vriendin, wat die meisie glo gewerf het, is in hegtenis geneem en sal in die hof op ‘n aanklag van mensehandel verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×