Twee vermeende mensehandelaars is in Pretoria in hegtenis geneem. Maroela Media berig die twee verdagtes is Woensdag deur die Tshwane-polisie vasgetrek en ondervra.

Hulle staan tereg op ‘n aanklag dat hulle 21 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers in ‘n bus na Johannesburg wou smokkel. Grandi Theunissen, Tshwane se burgemeesterskomitee-lid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die Ethiopiese burgers is deur intelligensie- en immigrasie-agentskappe ondervra.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×