Tussen Motherwell en KwaZakhele in die Oos-Kaap is ‘n G4S-voertuig aangeval.

Ses verdagtes is in ‘n skietgeveg met die polisie glo gewond.

Netwerk24 berig dat ‘n voorval by die Valke aangemeld is waar twee bakkies met swaar gewapende mans ‘n transitovoertuig aangeval het.

Hulle het plofstof gebruik om toegang tot die inhoud van die vrag te kry.Valke-woordvoerder, Lt.kol. Avele Fumba, sê dat die vermeende rowers het met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van KwaZakhele gevlug het.

Die polisie het hulle agternagesit, wat tot ‘n oor-en-weer geskietery gelei het.

Terwyl wapens in beslag gelê is, is dit onbekend of daar enige inhegtenisnames was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×