Twee verdagtes is in hegtenis geneem weens die vermoedelike diefstal van treinspoordwarslêers in Bloemfontein.

Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het die verdagtes aangekeer waar hulle onder ʼn bos weggekruip het.

Daarna het ʼn Transnet-verteenwoordiger bevestig dat die items wel aan Transnet behoort.

Afriforum berig na verdere onderhoude  is nog 12 gesteelde dwarslêers, steeds toegerus met Transnet se basisplate, op ʼn hoewe gevind waar hulle vermoedelik aan die eienaar verkoop is.

Die verdagtes is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Blitspatrollie oorhandig en na die Bainsvlei-polisiekantoor geneem. Die insedent word verder ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!