‘n Man van Frankfort in die Vrystaat word daarvan aangekla dat hy ‘n tienerseun wat vir hom vakansiewerk gedoen het, vroeër die maand verkrag het.
Die 40-jarige man het glo volgens boodskappe op sosiale media die 16-jarige se stiefpa gesmeek om nie sy lewe te verwoes nie.
Polisiewoordvoerder Lorraine Earl sê aan Rosestad Nuus die man het reeds in die hof verskyn en sal op 5 Februarie om borgtog aansoek doen.
Dit het ook aan die lig gekom dat die man, naas dié nuwe aanklag, ook vir nog ‘n saak oor die seksuele molestering van ‘n 13-jarige seun in Desember 2023 in die hof is.
Dieselfde man is glo voorheen vir onsedelike aanranding in 2007 en vir kinderpornografie in 2010 in hegtenis geneem.