Die vermiste Vrystaatse egpaar, pastoor Phillip Mashudu en sy vrou Elsie, is Maandagaand in Everton, Gauteng gevind. Die egpaar van Bethlehem is verlede week as vermis aangemeld nadat hulle na ‘n kerkkonferensie in Parys oppad was.
Volgens die Provinsiale Kommissaris van die Polisie in die Vrystaat is geen steen onaangeroer gelaat en drie mense is in Sharpville in hegtenis geneem.
Die pastoor en sy vrou is ongedeerd by ‘n huis gevind.
Daar is ook op verskeie bankkaarte asook ‘n aansienlike bedrag kontant en ‘n speelgoedgeweer beslag gelê. ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die egpaar op die pad tussen Heilbron en Sasolburg gekaap en ontvoer is. Die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.