Na ‘n grootskaalse soektog oor die naweek is die Bloemfonteinse-ma, Annemé Kleynhans, en haar twee seuns in Secunda in Mpumalanga gevind.
Hulle is ongedeerd en geen misdaad is gepleeg nie, volgens Loraine Earle, ‘n Vrystaatse polisiewoordvoerder.
Kleinhans is verlede week saam met haar seuns as vermis aangemeld ná sy haar ma se huis in Pellissier, Bloemfontein, verlaat het. Hulle was op pad na ʼn kliniek in Fichardtpark en nadat hulle nie teruggekeer het nie en hulle fone af was, is ʼn soektog van stapel gestuur.