Deur ‘n kollektiewe poging van die polisie, boere en privaat sekuriteit is drie verdagte veediewe naby Villiers in die Vrystaat vasgetrek.

Volgens Kaptein Loraine Earle het die verdagtes, in ‘n minibustaxi, skote op die polise afgevuur terwyl hulle op die R716-pad weggejaag het. Die polisie het teruggevuur maar die verdagtes het daarin geslaag om te ontsnap.

Die polisie het binne die minibus 24 skape met ‘n geraamde waarde van R66 000 teruggekry.

Die drie verdagtes is ‘n paar kilometer van die toneel af wel later in hegtenis geneem. Hulle sal Vrydag in die Villiers-landdroshof op aanklagte van poging tot moord en die besit van gesteelde eiendom verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×