Die liggaam van ‘n vermoorde man is Maandagoggend in die oop parkeerplek tussen Kellner- en Zastron Straat, in Westdene, Bloemfontein, gevind.

Volgens die Parkweg polisie het die oorledene ‘n wond onder sy ken en erge aanrandingswonde op sy gesig en kop. ‘n Erg geskokte ooggetuie, wat die polisie ontbied het, het aan Rosestad-nuus gesê dat die slagoffer nie soos ‘n hawelose gelyk het nie, en dat hy, volgens haar, goed aangetrek was.

Die man se liggaam – wat vanaf die pad sigbaar was – het volgens haar gelyk of hy ook erge brandwonde aan sy gesig gehad. Die ooggetuie, wat nie haar naam wil bekend maak nie, het oppad werk toe vanoggend op die grusame toneel afgekom.

Die polise vra enige lid van die publiek wat dalk inligting het wat kan help om die saak op te los, en tot inhegtenisnemings kan lei, om Kaptein Sabata Jafta Moseme te kontak by 082 526 2713.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×