Vermoorde Siemens het vermoed dat Ace Magashule betrokke was by bedrog

Die vermoorde Louis Siemens het vermoed dat Ace Magashule, nou geskorste sekretaris-generaal van die ANC, saam met Stanley Bakili gewerk het om miljoene rande vir lisensies vir die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein uit hom te kry.

Netwerk 24 berig dat, volgens Rassie Erasmus, private speurder en oud-kolonel in die polisie, het Siemens aanvanklik aan hom genoem dat die geld wat hy vir lisensies aan Bakili betaal het, deur Bakili en dr. Aaron Motsoaledi , die destydse minister van gesondheid, gedeel word.

Enkele maande later het Siemens egter aan Erasmus gese dat hy vermoed Motsoaledi is nie betrokke nie, maar wel ‘n ander hoe politieke figuur.

Siemens wou nie die naam noem nie, omdat hy gevrees het die telefoongesprekke word afgeluister.

Hy het wel die volgende dag die naam aan Erasmus bekendgemaak.

Die verhoor word vandag voortgesit.

Luister na potgooie hieronder