Vermoorde weduwee se motordiewe elk 5 jaar gevonnis

Regter Celéste Reinders het Donderdag in die Bloemfonteinse Landdroshof twee mans wat ‘n bakkie van ‘n vermoorde weduwee van Bloemfontein gesteel het elk effektief vyf jaar tronkstraf opgelê.

Lusindigo Hardy en Tebogo Lesheko is elk 8 jaar gevonnis waarvan drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat hulle gedurende die tyd nie skuldig bevind word aan diefstal nie.

Netwerk24 berig dat Tebogo Cwele is vroeër tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Hannatjie Coetzee in 2019 in haar huis in Arboretum.

Coetzee se lyk is in Februarie 2019 deur polisie in haar slaapkamer gevind nadat Cwele, Hardy en Lesheko haar bakkie in Hobhouse wou verkoop.

Luister na potgooie hieronder