Daar is bitter min in die Vrystaat oor om te steel terwyl die leuse van die ANC is vermors en steel wat hulle kan, het Armand Cloete, VF Plus LPW Vrydag in die Vrystaatse wetgewer gesê. Die stygende lewenskoste verwoes die inwoners van die provinsie en mens sou verwag dat die regering die belastingbetalers se geld reg sou aanwend. Cloete het volgens Netwerk 24 ‘n droewige prentjie geskets en gesê niemand kan iets aan internasionale kragte doen nie, maar waar die regering wel iets kan doen, gebeur niks. Waterverliese in die Vrystaat beloop R900 miljoen en skuld aan waterrade is meer as R5 miljard. Munisipaliteite se vrugtelose uitgawes staan op R625 miljoen terwyl hulle R32 miljoen betaal aan konsultante om hulle finansiele state sonder sukses te verbeter. Intussen melk munisipaliteite die inwoners met verhoogde tariewe, het hy gesê.