Cassie Booyse, wie roem verwerf het as Vernon Koekemoer, is in die ouderdom van 67 oorlede. As Vernon Koekemoer, het Booyse vyftien jaar gelede Suid-Afrika se gewildste spiertier geword. Koekemoer het opslae gemaak met klere wat behoorlik om sy bultende spiere span, en daar is later selfs na hom verwys as Suid-Afrika se eie Chuck Norris.
Sy gesondheid het die afgelope jare, weens komplikasies met verskeie heupvervangings, al verder agteruit gegaan. Linda Coetzee, sy lewensmaat en verloofde, het Booyse se afsterwe aan Maroela Media bevestig.