Veroordeelde moordenaar en reeksverkragter, Thabo Bester, se oud-minnares, dr. Nandipha Magudumana, appeleer Donderdag 7 November 2024 in die Bloemfonteinse Appèlhof oor haar uitlewering vanuit Tanzanië na Suid-Afrika.
Sy glo dit is ongeldig en dat sy onmiddellik vrygelaat moet word. Netwerk24 berig dit is Magudumana se derde poging om haar inhegtenisneming onwettig te verklaar en summier vrygelaat te word.
Sy beweer sy was geblinddoek en dat die Suid-Afrikaanse owerhede haar verlede jaar in April uit Tanzanië ontvoer het, wat dus haar huidige aanhouding onwettig sou maak.
Sy en Bester, saam met sewe ander beskuldigdes, word in die hooggeregshof op 10 Februarie volgende jaar verwag. Die verhoor handel oor Bester se ontsnapping op 3 Mei verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis.
1 Comment
Comments are closed.