Tshifhiwa Matodzi, die veroordeelde voormalige voorsitter van VBS Mutual-bank, het na bewering vir Julius Malema en Floyd Shivambu van die EFF by sekere bedenklike transaksies met die bank betrek. Daar word berig Matodzi omskryf die korrupsie en plundering van meer as R2,2-miljard in ‘n beëdigde verklaring.
Hy verduidelik hoe die beweerde verhouding met die EFF begin het, en hoe ‘n lening van R5 miljoen glo deur Shivambu se broer se maatskappy aan die EFF betaal is. Malema het voorheen ontken dat hy sake met die bank gedoen het. Matodzi het skuld beken op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery. Hy sal 15 jaar agter tralies sit.