Ontwatering weens die bloedige hitte en wydverspreide droogte, het die lewe van vyf olifante in die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe geëis.

News24 meld Zimparke het wel reeds meer as ‘n honderd sonkrag-aangedrewe boorgate in die park gesink om diere te help.

Ongelukkig sukkel die kleintjies, asook die grootvoete wat al lank in die tand is, om by te bly wanneer ‘n trop migreer om na kos en water te gaan soek.

In 2019 is ongeveer 200 olifante weens erge droogte in Zimbabwe dood.

Hwange is deel van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, wat die tweede grootste van sy soort ter wêreld is.

Dit sluit dele van Botswana, Namibië, Zimbabwe, Zambië en Angola in.

error: Inhoud is beskerm !!