Verskeie eenhede van die polisie in die Wes-Kaap het vyf vermeende perlemoen stropers in die Overberg in hegtenis geneem

 Verskeie eenhede van die polisie in die Wes-Kaap het vyf vermeende perlemoen stropers in die Overberg in hegtenis geneem

Verskeie eenhede van die polisie in die Wes-Kaap het vyf vermeende stropers naby Gansbaai in die Overberg in hegtenis geneem en beslag gelê op perlemoen met ‘n geraamde uitvoerwaarde van meer as vyf miljoen rand.
‘n Polisiewoordvoerder, FC van Wyk, sê beslag is gelê op meer as 5 000 stuks perlemoen.
Drie van die verdagtes is in Eluzolweni naby Gansbaai aangekeer en die ander by Bloubaai en Buffelsjagbaai naby Bredasdorp.
Van Wyk sê dit is die eerste van ‘n reeks optredes teen sindikate in die Overberg wat by die smokkel van perlemoen betrokke is.
Nog inhegtenisnemings word verwag.

LeandreAdmin@