Verskeie ongerymdhede by die Departement van Behuising in die Vrystaat

Die Ouditeur-Generaal het op verskeie ongerymdhede by die Departement van Behuising in die Vrystaat afgekom.

Die Ouditeur-generaal het ondersoek ingestel na bedrog, wanbestuur van staatshulpbronne en die nie-nakoming van wetgewing.

In sy ondersoek het die O.G afgekom op miljoene rand wat uitbetaal is sonder dat dienste gelewer is.

In ander gevalle is daar betalings gedoen vir behuisingsprojekte wat steeds nie voltooi is nie.

Volgens Luthando Mbandazayo, die hoof van die O.G se kantoor in die Vrystaat, is die ongerymdhede reeds aangemeld by wetstoepassers onder andere die Valke, die Inkomstediens en die Openbare Beskermer.

Luister na potgooie hieronder