‘n 41-jarige polisie-sersant wat verbonde was aan die veediefstaleenheid in Bloemfontein, is gister in die vroeë oggendure by sy huis in Bloemspruit doodgeskiet.

Volgens die Valke se woordvoerder in die Vrystaat, Christopher Singo, was sersant John Dikgoele nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Dikgoele, wat in ‘n polisievoertuig was, het by die motorhek van sy huis stilgehou toe twee verdagtes vanuit ‘n nabygeleë onbewoonde huis te voorskyn gekom en verskeie
skote afgevuur het.

‘n Vroue passasier, wat saam met hom in die voertuig was is gewond.

Sy word in ‘n hospitaal behandel.

Die motief vir die aanval is onbekend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×