Terwyl supermarkte in stede soos Kaapstad en Johannesburg min of amper geen eiers op hulle rakke het, het winkels soos Woolworths begin om hul voorraad te rantsoeneer tot ses eiers per kliënt. Pick ‘n Pay het ook verbruikers gevra om net een of twee verpakkings te koop afhangende die voorraad. Dit volg na die ergste uitbreking van die H5 en H7 stamme-voëlgriep wat die land nog getref het. By die meeste Pick ‘n Pay-, Spar- en Checkers winkels in Bloemfontein is daar nog ‘n redelike voorraad eiers. Die afgelope Saterdag het Bloemfonteiners met pakke eiers by die plaaslike Langenhoven-mark uitgeloop wat hulle direk van die plaaslike boere koop wat stalletjies het.