Verskeie verdagtes is sedert die begin van die langnaweek in Bloemfontein in hegtenis geneem. Agt mense is aangekeer vir dwelmhandel nadat 70 mandrax-tablette en dagga in hul besit gevind is. Dertien mense het boetes ontvang vir die oortreding van regulasies van die Vrystaatse Dobbel- en Drankwet.

Die polisiewoordvoerder, Thabo Covane, sê sewe buitelandse burgers is in hegtenis geneem omdat hulle nie die vereiste dokumente gehad het nie. Covane sê al die verdagtes verskyn môre in die Bloemfonteinse landdroshof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×