Suid-Afrikaners het nog nooit so min vertroue in die nasionale leierskap gehad as nou nie. Byna agt uit tien mense glo dat die politieke leierskap nie vertrou kan word nie. Dit volgens ‘n verslag van die Stigting vir Geregtigheid en Versoening, of IJR, wat gister bekendgemaak is. Die verslag is gegrond op wat bekend is as die rekonsiliasie-barometer. Die diepgaande wantroue is gegrond op openbare instansies wat die grondslag vir ‘n funksionale demokrasie moet wees. Volgens die verslag glo groot getalle Suid-Afrikaners dat staatskapers en korruptes onaantasbaar voortgaan met hulle wandade en twyfel of daar politieke wil is om te verander. Netwerk 24 berig vertroue in politieke partye is laag met die ANC wat ‘n daling getoon het tot 37% vanjaar. Daar is wel ‘n vertroue in die EFF wat van 25% in 2019 tot 32% vanjaar geklim het. Die verslag het ook bevind die land is in ‘n ernstige ekonomiese en maatskaplike krisis as gevolg van jare se stadige ekonomiese groei en swak regeringbestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×