Die Vrystaat het die meeste sterftes van ma’s en babas by geboorte, sê professor Dirk Hagemeister, voorsitter van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika se Bloemfontein-tak. Die Volksblad berig hy was Vrydagaand die spreker by ‘n gala-dinee waar hy verwys het na die bevindings wat in die Health Systems Trust se gepubliseerde data vir drie agtereenvolgende jare gemaak is. Dit wys die Vrystaat het die hoogste voorkoms van moeder-sterftes en neonatale sterftes in geriewe soos hospitale wanneer die grootte van die bevolking in ag geneem word. Die Vrystaat het ook die meeste gevalle van doodgebore babas in dié verslag-tydperk tussen 2018 tot 2021 gehad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×