Versuim aan dienslewering binne die Mangaung-metro raak gevaarlik

Die gebrek aan dienslewering binne die Mangaung-metro lei tot meer as net frustrasies.

Dit raak gevaarlik.

Na ‘n ysige nag verlede naweek het verskeie ongelukke op seepgladde paaie in die stad voorgekom.

Bloemnuus berig dat water wat in die strate opgedam het, hoofsaaklik weens munisipale waterpype wat lek, nie herstel word nie.

Die water wat lek, verys steeds vandeesweek deurentyd deur die nag. Talle ongelukke het sedert verlede week in Curielaan, asook een in Krausestraat, plaasgevind.

Water dam ook alreeds weke lank voor die Laerskool Sentraal in Raymond Mhlabastraat op. Terwyl inwoners oor die afgelope vyf 62,45% meer vir belasting betaal, laat dienslewering veel te wense oor.

Luister na potgooie hieronder