Kaapse motoriste sukkel met brandstoftekorte nadat verskeie vulstasies leeg geloop het.

IOL berig dat dit weens ‘n onvoorsiene stilstand by die Astron-raffinadery in Milnerton was.

Verskeie vulstasies soos BP, Shell en Engen in die Kaapse metrogebied het ‘n tekort aan Loodvrye Petrol 95 (ULP 95) ervaar.

BP Suid-Afrika se woordvoerder, Hamlet Morule, het bevestig dat hul diensstasies geraak is deur die tekort en verduidelik dat ‘n invoervaartuig na Kaapstad herlei is om die toevoer te verseker, maar dit is vertraag deur slegte weer.

Astron het intussen bevestig dat hul raffinadery weer ten volle operasioneel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×