Die vervaardiger en regisseur, Annie Basson, is by haar huis in Langebaan in die Wes-Kaap in die ouderdom van 86 oorlede.

Sy was getroud met die skepper van die SABC2-sepie 7de laan, Danie Odendaal, wat in Oktober verlede jaaroorlede is.

Basson is bekend vir die dokumentere reeks Van Kerslig tot Kollig wat oor die Afrikaanse teaterbedryf handel.

Basson was ook die regisseur van reekse soos Meester, Daizy en die enkeldramas Die Sondaar en Die hartseerwals.

error: Inhoud is beskerm !!