Suid-Afrikaanse verbruikers word gerusgestel dat daar nie rede tot paniek is oor die eet van grondboontjiebotter nie. Dit volg nadat ʼn paar grondboontjiebotter produkte van rakke herroep is. Die vervaardigers van die grootste handelsmerke Black Cat en Yum Yum verseker kliënte dat hul produkte veilig is.

Die Nasionale Verbruikerskommissie het versoek het dat alle produsente dringende toetse van grondboontjiebotter moet doen in die nasleep van sommige handelsmerke wat deur House of Natural Butters vervaardig is, wat herroep is, weens hoër as aanvaarbare vlakke van ‘n natuurlike mikotoksien genaamd Aflatoksien. Die vervaardigers RCL-Foods en Tiger Brands verseker verbruikers dat hul produkte getoets en veilig is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×