Vervaardigingsproduksie het in Maart 2024 met ses-komma-vier persent afgeneem vergeleke met verlede jaar. Dit is volgens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika.

Die grootste bydraers tot die negatiewe groei was motorvoertuie, onderdele en bykomstighede en ander vervoertoerusting. Hulle het met negatief 25-komma-nege persent gedaal. Seisoenaangepaste vervaardigingsproduksie het in Maart met twee-komma-twee persent afgeneem vergeleke met Februarie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×