Twee pakhuise met vervalde kos en gevaarlike chemikalieë is suid van Durban ontdek.
Nuusflits berig die fonds sluit in geblikte vis, gaskoeldrank, sojabone, babakos, speserye, vals medikasie, lyfroom en vervalde alkohol.
Polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, bevestig dat die kos saam met plaagdoders gestoor is.
Tydens die operasie het die polisie ook twee pakhuise met vals handelsmerkklere ter waarde van miljoene rande opgespoor.
Ondersoeke word gedoen om diegene wat betrokke is by die verkoop van vervalde kos, wat dikwels in township- en dorpspaza-winkels verkoop word, te identifiseer, sowel as die invoerders van vervalste klere.
Die polisie beplan om te fokus op vaartuie wat ongemagtigde goedere in die land bring.