Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het agt miljard rand nodig om die infrastruktuur- en instandhoudingsagterstand van sy militêre basisse se fasiliteite skoon te maak.
Volgens Thandi Modise, minister van Verdediging en Militêre Veterane, is daar deur ‘n studie bevind dat 36 890 geboue omvattende instandhoudingswerk benodig.
Die DA se Kobus Marais sê die vervalle geboue hou eindelik ook ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid in, aangesien die die weermag se gereedheid aan bande lê.