Suid-Afrika verloor R1 miljard per dag aan gemiste handelsgeleenthede weens vervoer- en logistieke uitdagings.

Dit is volgens die Suider-Afrikaanse Vereniging van Vragversendings.

Die hoof-uitvoerende beampte van die vereniging, Juanita Maree, het aan Business Day gesê dat hawevertragings, spooronderbrekings en infrastruktuur-bottelnekke veroorsaak dat handelsgeleenthede misgeloop word.

Sy sê die totale handel per dag na en van Suid-Afrika is meer as R4 miljard.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×