Die oplewing in onwettige stortingstereine in die Namibiëpark, in Mangaung Metro se Wyk 4, stel kinders se lewens, volgens die DA in gevaar. Dit glo weens die voordurende gebrek aan vullisverwydering wat daartoe lei dat gebiede wat eers as speelgronde gedien het, nou oorval is deur dwelmisbruikers en misdadigers.
Die DA voeg by dat indien hierdie verwaarlosing voortduur, die einste kinders wat hul veilige ruimtes verloor, by kriminele aktiwiteite ingetrek kan word. Volgens die DA sal die kwessie dringend aangespreek moet word, deur polisieteenwoordigheid te verhoog en gemeenskapsprogramme te implementer.