Die rand het Woensdag tot ‘n byna 14 maande hoogtepunt verstewig nadat plaaslike inflasiesyfers meer gedaal het as wat voorspel is. Dit het die verwagtinge verhoog dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank Donderdagrentekoerse kan verlaag.
Verbruikersinflasie het vir die derde opeenvolgende maand tot vier-komma-vier persent in Augustus afgekoel. Dit is die laagste wat dit sedert April 2021 was. Die rand het handel nul-komma-twee-sewe persent stewiger gesluit teen R17,55 teenoor die Amerikaanse dollar.
Dit het vanoggend handel op sy sterkste vlak sedert Julie 2023 teen R17,53 teenoor die dollar geopen.