Die land vier op 24 September Erfenisdag. Die VF Plus-LP en woordvoerder van die party oor kuns en kultuur, Heloïse Denner, meen egter dat nie almal in die land deel is van die ANC se erfenis vieringe nie. Sy het gister in die Nasionale Vergadering gesê die dag word op die regering se webblad in kleurvolle taal gedefinieer as ‘n geleentheid om die kulturele erfenis van alle Suid-Afrikaners te respekteer en te vier. Sy sê kulturele erfenis, soos onder andere die Afrikaner-kultuur, het egter ’n politieke pion vir die ANC-regering geword, wat dit onbeskaamd gebruik en misbruik om die ANC se ideologiese mislukkings toe te smeer. Sy sê die staat behoort nie betrokke te raak by kulturele erfenis nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×