Die Vryheidsfront Plus het bewerings ontken dat hy Suid-Afrika terugneem na apartheid deur middel van sy beleid oor moedertaal.

Dit hou verband met die party se standpunt dat Afrikaans in skole en hoër onderwysinstellings gebruik moet word. Die Vryheidsfront Plus se beleid oor onderwys bepaal dat alle leerlinge toegang tot moedertaalonderrig moet hê.

Die leier, Pieter Groenewald, het in ‘n onderhoud met ‘n SAUK radiostasie gesê Suid-Afrikaners moet veg vir ‘n beter toekoms en niemand wil na die apartheidsera terugkeer nie. Hy sê die Vryheidsfront Plus se beleid oor moedertaalonderrig is in der waarheid ter ere aan diegene wat ‘n veelrassige Suid-Afrika gebou het.

Hy sê op al 38 kampusse in die land is onderrig in Engels. Volgens Groenewald is daar elf amptelike tale in Suid-Afrika en dit moet in praktyk toegepas word.

error: Inhoud is beskerm !!