Wouter Wessels, Vryheidsfront Plus LP het in die parlement tydens ‘n debat voor Menseregtedag, gesê hy het die ANC oor die kragkrisis gewaarsku en niks is gedoen nie.

Netwerk 24 berig Wessels het vandag gesê die ANC het eerder meer by Eskom gesteel wat die kragkrisis vererger het. Wessels het gesê die waterkrisis gaan die kragkrisis soos ‘n vulletjie laat lyk. Volgens Wessels is die waterkrisis te wyte aan geld wat by munisipaliteite gesteel word wat eerder vir die instandhouding van waterinfrastruktuur bedoel is. Wessels het gesê Suid-Afrika is reeds ‘n water-skaars land en het wanfunksionele waterstelsels maar die ANC gee nie ‘n duit om nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×