Die polisie se kwartaallikse misdaadstatistiek wys oor die laaste jare ʼn deurlopende styging in misdaad wat buiten ander faktore direk verband hou met die agteruitgang van die polisiediens. Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ‘n nuusverklaring gesê die syfers wat vandag bekend gemaak is, toon teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar wel ’n geringe afname in moord (0,8%) en seksuele oortredings (1,5%), maar al die ander kategorieë geweldsmisdaad het toegeneem. Daar was ook ’n skerp styging van 18,6% in die voorvalle van poging tot moord op vroue terwyl ernstige aanranding op vroue met 5,1% toegeneem het. Ernstige aanranding op kinders het met 22,8% toegeneem. Een van die gevreesde trio-misdade, rooftogte by woonhuise, het toegeneem met 3,8%. Motorkapings toon ’n afname van 2,3%. Groenwald het gesê die grootste probleem is kundigheid wat die polisiediens verlaat en die besnoeiings aan die polisie se begroting. Totdat ‘n bevoegde regering aan bewind kom, sal landsburgers eienaarskap vir hul eie veiligheid en besittings moet neem, het Groenewald gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×