Die VF Plus se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, Heloise Denner, sê terwyl die land in duie stort onder die ANC en mense sonder krag en water sit, is die regering vol ywer om dorpe en strate se name te verander. Denner sê dit is geldmors en ‘n desperate populistiese poging van die ANC om stemme te werf vir die verkiesing.

Volgens Denner het die ANC 30-jaar gehad om mense met goeie dienslewering te beindruk, maar die teenoorgestelde het gebeur. Sy sê die land kan nie naamsveranderinge bekostig nie maar wat wel nodig is, is ‘n regeringsverandering.

Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het verlede week talle naamsveranderinge in die staatskoerant aangekondig. Ladysmith in KZN sal nou uMnambithi heet en Kirkwood in die Oos-Kaap word Nqweba. William Nicolrylaan in Sandton word nou Winnie Mandelarylaan.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×