Die Vryheidsfont Plus is verheug dat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula se aansoek vir ‘n interdik teen haar inhegtenisneming in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys is. Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ‘n verklaring gesê sy moet so gou as moontlik soos enige landsburger in hegtenis geneem word en aansoek doen om borgtog.
Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy gedurende haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane omkoopgeld van R2,3 miljoen van ‘n diensverskaffer van die weermag ontvang het. Groenewald sê die speaker moet nou die eerbare weg kies en bedank uit haar pos. Hy het gesê die party sal ‘n mosie van wantroue in die Nasionale Vergadering teen die speaker steun. Die EFF dring daarop aan dat Mapisa-Nqakula dadelik in hegtenis geneem word.
1 Comment
Comments are closed.